About Us


MC Motors onder leiding van Chris Combrink het begin besigheid doen vanaf 1 Januarie 2005. Ons het ons eerste perseel aangekoop in 2006 en die 2de in 2007 . Persele is gelee te 31 en 29 Joe Slovo Str. (N12) Klerksdorp, dit beslaan 3600m, waarvan die voorste 2 dele vir besigheid gebruik word met kantore en onderdak vertoon lokale vir die voertuie. 40 Eenhede(Voertuie) kan op die vloer geplaas word. Die 2de perseel word vir die werkswinkel gebruik. Ons het grootliks gespesialiseer in goedkoper kontant transaksies(Cheapies) die eerste 7 jaar. Daar is egter vinnig besef dat dit is tyd om op te gradeer na finansierbare voertuie omrede daar groot behoefde daarvoor ontstaan het. Daar is van die "cheapie" mark af weggebeweeg, na duurder tog bekostigbare voertuie en bakkies. Ons is reeds op die volgende banke se paneel van goedgekeurde handelaars - Wesbank, ABSA, African Bank, IEMAS en Nedbank

Die ligging van die perseel is van so 'n aard dat daar ongeveer 30 000 voertuie per dag voor die perseel verby beweeg, op die N12 na Wolmaransstad. Chris het saam sy huidige span meer as 20 jaar Motor ondervinding en streef daarna om MC Motors se kliente nog beter diens te gee as tevore.

.

 
WAAR KLIENTE VRIENDE WORD